VSA waarsku teen olie van Iran

 Die Amerikaanse Departement van Ekonomiese Sake het ’n dringende waarskuwing gerig tot lande van die wêreld om nie olie by Iran aan te koop nie.

Washington sal enige land op sy swartlys plaas wat olie by Iran koop terwyl sanksies nog van krag is, wat beteken dat geen handel gedryf sal word met lande op die VSA se swartlys nie.

Die reuse olietenkskip, Adrian Darya is reeds op die swartlys, en vaar op die see rond met sy duisende vate ru olie wat hy nêrens kan aflaai nie omdat lande vrees vir Amerikaanse optrede teen hulle.

Washington het die Revolusionêre Korps van Iran as terroriste beweging verklaar nadat die Weermag skepe beskadig het wat op die handelsroete deur die Golf gebied gevaar het.

Die skip wat vroeër as die Grace 1 bekend gestaan het, is reeds etlike weke doelloos aan die rond vaar in die hoop dat ’n land sy reuse vrag olie sal koop.

Iran se olie verkope het die afgelope maande met 80% gedaal, en raak die land se ekonomiese toestand sodanig dat hy waarskynlik later sal toegee en met die VSA onderhandel.