VSA vermoed Iran wil onderhandel

Minister Mark Esper

Die Amerikaanse Minister van Verdediging, Mark Esper, het gesê dit wil lyk of Iran rond snuffel om ’n plek te kry waar onderhandelings met die VSA kan plaasvind.

Die opmerking kom enkele dae nadat President Donald Trump die deur wyd oopgemaak het vir moontlike ontmoetings meet Iran se president, Hassan Rouhani , tydens sy toespraak in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering.

Minister Esper het die hoop uitgespreek dat dit wel die geval is dat Iran soekend geword het na ’n plek waar die twee lande met onderhandelinge kan begin.

Iran verkeer tans onder geweldige ekonomiese druk vanweë die Amerikaanse sanksies, en sy olie verkope het feitlik tot stilstand gekom.

Ingeligte bronne wat die monitering van Iran se olie verkope doen, het bekend gemaak dat die land se verkope met 80% gedaal het.