VSA stuur troepe hulp na Saoedi

Beskadigde olie aanleg

Kort nadat die Houthi rebelle se aanval op Saoedi-Arabië se alie aanleg, het herstelwerk begin, maar vrese bestaan dat ’n opvolg aanval uitgevoer kan word terwyl herstelwerk gedoen word.

Die Amerikaanse president, Donald Trump het die naweek aangekondig dat Amerikaanse troepe na Saoedi gestuur word om enige missiel lugaanvalle te verdedig.

Die Houthi aanvalle is die grootste wat nog teen Saoedi uitgevoer is, en maatreëls word nou ingestel om soortgelyke aanvalle op die land se olie nywerhede te voorkom.

Die Pentagon het nie aangedui hoeveel troepe beskikbaar gestel word om in Saoedi ontplooi te word nie, en sal hoofsaaklik getaak wees om ’n verdedigings rol te vervul.

Met dreigemente van die Houthi rebelle van meer aanvalle, asook moontlike aanvalle op die Emirate, sal die VSA ook samewerking bied om militêre toerusting in beide lande op te skerp.

Na verwagting sal die Pentagon sy vroeëre oorweging nou tot uitvoer bring om die twee lande te voorsien van anti-missiel stelsels en hommeltuie asook meer vegvliegtuie.