VSA stel sanksies in teen Iran Bankiers

In ’n verbete stryd teen Iran se aggressie, het die Verenigde State van Amerika nuwe sanksies ingestel teen die Sentrale Bank van die Midde-Oosterse olieryke land.

Die sanksies is in opvolging van die swaar sanksies wat reeds teen Teheran ingestel is wat die land se verkope van ru-olie met 80% laat daal het.

Die drastiese optrede van Amerika volg na die Houthi rebelle ’n hewige aanval op Saoedi-Arabië se olie aanleg uitgevoer het.

Vroeër in verlede week het President Trump bekend gemaak dat bykomende sanksies teen Iran ingestel word, en met die jongste aankondiging dat die Sentrale Bank ook met sanksies gestraf word, word Iran se beweegruimte uiters beperk.

Iran het weer ontken dat hy ondersteunend betrokke is by die Houthi aanvalle, maar die Amerikaanse veiligheid span beweer dat die stukke wat opgetel en geïdentifiseer is van die hommeltuig, afkomstig is uit Iran.