VSA sal saamwerk met nuwe EU leiers

Mike Pompeo

Die Amerikaanse president, Donald Trump, het aan sy Minister van Buitelandse Sake die groen lig gegee om beter betrekkinge aan te knoop met die nuut verkose leiers van die Europese Unie.

President Trump het sedert sy verkiesing dit duidelik gemaak dat hy geen begeerte het om goeie betrekkinge met die linkse leiers van die Europese Unie sal handhaaf nie.

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het reeds begin om die verhouding te herstel met ontmoetings van die vier mees senior leiers, en berigte wat ontvang is lui dat die samesprekings baie goed verloop het en dat beide partye tevrede is met die goeie gesindheid wat gekweek is.

Die EU leiers het waardering uitgespreek oor Minister Pompeo spesiaal na Europa gereis het om die vier leiers te ontmoet en die lug te suiwer tussen die twee partye.