VSA Republikeine lag, Demokrate vrees

Met die voormalige vise-president van Amerika, Joe Biden,  as voorloper onder die 20 kandidate van die Demokratiese Party in die VSA wat almal graag die land se Eerste Burger wil wees, het nuwe vrese die linksgesinde party se politici beetgepak.

Die Demokrate wil Trump in ’n staat van beskuldiging plaas oor sy versoek aan die Oekraïne om ’n ondersoek van jare gelede te heropen.

Dit het betrekking op Joe Biden se seun wat klaarblyklik in die Oekraïne vervolg sou word oor ’n energie skandaal van miljoene dollar, maar toe deur sy pa, Joe Biden, uit die gemors gered is as vise-president van die VSA.

Nou vrees die Demokrate dat Biden se optrede van destyds op hom kan boemerang as potensiële opponent teen Trump in die volgende presidentsverkiesing.

Selfs verskeie Demokrate is in twyfel oor die sukses waarop die linkse leiers staatmaak om van Trump as president ontslae te raak, en reken dit is ’n verkwisting van tyd wat eerder gebruik moes word om die verkiesing te wen.