VSA kanselleer afspraak met Solomon Eiland

Visepresident Mike Pence

Die Verenigde State van Amerika se Visepresident, Mike Pence, het sy afspraak om met die Solomon Eilande se president samesprekings te voer oor moontlike hulp, gekanselleer.

Dit volg nadat die Solomon regering besluit het om bande met Taiwan te verbreek en diplomatieke bande met Sjina in te stel nadat die kommunistiese regering aangebied het om finansiële hulp te verleen.

Sedert 2016 het Solomon Eilande die sesde regering geword wat bande met Sjina aangegaan het ten koste van Westerse verbintenisse.

Die Sjinese maak ook daarop aanspraak dat Taiwan deel van sy kommunistiese ryk is, wat die verkiesing van die Taiwanese president in die verkiesing kan benadeel.

Die Eerste Minister, Manasseh Sogavare, van Solomon het in Julie vanjaar versoek dat Visepresident Pence ’n besoek bring, maar met aanvaarding van die Sjinese aanbod voor die Amerikaanse besoek, het Oence laat besluit om die uitnodiging van die hand te wys en die besoek gekanselleer.

’n Woordvoerder van die VSA sê die besluit van Solomon om die Sjinese bande aan te knoop het ’n einde gebring aan ’n verhouding met die VSA wat dekades lank geduur het.