Vreemdelinge haat woed in Johannesburg

Die geweld teen vreemdelinge het die afgelope naweek toegeneem te midde van die ANC president se verklaring dat opgetree sal word teen die oortreders.

Nog meer sakeondernemings was die naweek die teiken en die polisie se rubber koeëls en handgranate kon nie die woedende inwoners verhoed om met hulle plundering voort te gaan nie.

Die polisie het bevestig dat ’n hernude vlaag van xenofobie uitgebreek het en talle winkels en eiendom van die uitlanders is geplunder en kaal gestroop is van hulle goedere.

Intussen oorweeg die regering van Nigerië om weerwraak te neem deur die groter sakeondernemings aldaar te nasionaliseer. Instansies soos MTN en Shoprite kan moontlik in die slag bly, word gesê.