Vreemde Koalisie in Italië

Die President en die Premier

Die konserwatiewe 5-Ster Beweging, met Eerste Minister Giuseppe Conte aan die stuur saam met die politieke aartsvyand, wat die opposisieparty was, in ’n koalisie, het die wenkbroue laat lig in Italië.

Die Demokratiese Party, wat ’n gematigde linkse party is, het nou die plek ingeneem van die nasionalistiese Liga van Matteo Salvini wat weggebreek het uit die koalisie regering.

Matteo Salvini het daarop gereken dat sy wegbreek uit die regering sou lei tot ’n vervroegde algemene verkiesing en dat hy dan die premierskap sou kon oorneem.

Politieke ontleders sê die huidige koalisie sal egter langer voortbestaan as die vorige wat slegs ’n jaar staande gebly het.

Die nuwe koalisie wil ’n beter verhouding met die Europese Unie bewerkstellig en sal ook ’n meer gematigde houding handhaaf teenoor immigrante.