Vierde verdagte van Amy vasgetrek

Amy’Leigh de Jager

Die vierde persoon wat daarin kon slaag om vir weke weg te kruip vir die gereg, is uiteindelik vas, nadat hy in ’n swart woonbuurt in Vanderbijlpark se omgewing gevind is.

Amy’Leigh de Jager, die ses-jarige dogtertjie wat deur vier mense ontvoer is en wat haar die nag weer vrygelaat het.

’n Polisie woordvoerder sê ’n vierde verdagte is na ’n lang soektog net buite Vanderbijlpark, in Muvhango, gearresteer.

Die 24-jarige verdagte sal op 1 Oktober saam met die ander drie verdagtes, Tharina Human, Laetitia Nel and Pieter van Zyl, in die hof verskyn, maar bly intussen in aanhouding.

Meningsvormers reken die skuldiges aan die ontvoering van die ses jarige dogtertjie kan lei tot lewenslange tronkstraf.