Venezuela president besoek Kremlin

President Maduro

Die omstrede president Nicolas Maduro van Venezuela sal eersdaags ’n besoek bring aan Moskou waar samesprekings gevoer sal word met die Russiese president, Vladimir Poetin.

Met Westerse lande wat hulle distansieer van Maduro se bewind, het Rusland een van die min moondhede gebly wat nog opgesaal wil wees met die bankrot land se probleme.

Maduro het die VSA beskryf as ’n land wat hom beywer om Venezuela en sy president ondermyn sodat hy nie buitelandse lenings kan bekom nie, en ook nie hulp vir sy militêre en industriële instansies.

Waarnemers reken die besoek aan Rusland is ’n poging om hulp t kry aangesien die land se wankelende infrastruktuur enige tyd inmekaar kan tuimel.