Venezuela: Minder hulp, meer sanksies

Nicolas Maduro

Die poging van die omstrede president van Venezuela, Nicolas Maduro, wat selfs na Rusland en Kuba was om met staatshoofde te onderhandel vir hulp, het niks opgelewer nie.

Kuba sit met meer as genoeg ekonomiese probleme, en nou ook nog met ’n ernstige energie probleem, dat hy nie ’n druppel water het om vir Maduro aan te bied nie. Die energie krisis is so groot dat boere nou weer met osse hulle landerye moet bewerk omdat daar nie brandstof beskikbaar is vir die trekkers nie.

In Rusland was daar baie simpatie, maar niks om die noodkreet te verlig nie, en moes Maduro leë hande terugkeer na Venezuela.

Die afgelope week het die Europese Unie aangekondig dat hy wil sien Venezuela begin werk in die rigting van ’n verkiesing wat kan lei tot ’n verbetering in die land se ekonomiese en politieke bestel.

Die aanbeveling kom nadat nog sewe van Maduro se sleutel persone gebuk gaan onder reis sanksies wat teen hulle ingestel is, en verdere finansiële beperkings.

Die Europese Unie het president Nicolas Maduro gewaarsku dat indien Venezuela nie werk in die rigting van ’n verkiesing nie, hy streng sanksies te wagte moet wees.