Venezuela kies Guaido vir 2020

Juan Guaido

Parlementslede van Venezuela se opposisiepartye het eenparig ten gunste van Juan Guaido gestem as voorsitter van die Nasionale Vergadering van Venezuela vir 2020, en daarmee verseker dat die president nie beheer kry oor die meerderheid parlementslede van die vergadering nie.

Guaido het ’n ooreenkoms met die kleiner partye aangegaan sodat hulle ook vir kort tye mag optree as voorsitter van die vergadering.

Venezuela het nie minder as 17 klein politieke partye wat elk n geringe parlementêre verteenwoordiging het.

Die Westerse lande het Juan Guaido erken as tussentydse president van Venezuela, en erken nie meer die diktator, Nicolas Maduro as die land se president nie nadat hy vorige verkiesing onregmatig hanteer het en gekonkel het met die stemming.