Tyd vir stakings en eise begin

Suid-Afrika word elke jaar in sy laaste kwartaal geteister met vakbonde wat niks anders doen as om onrealistiese hoë salarisse te eis en lede aan te moedig om vir elke bakatel ’n staking uit te roep.

Dit het weer tyd geword vir die onderhandelings wat telkens uitloop op onredelike verhoging van vergoeding en byvoordele, terwyl dit waarneembaar is dat produktiwiteit aan die afneem is.

Vanjaar wil die brandstof sektor ook die strate in vaar, maar ’n groot probleem kan hulle verhinder om die brandstof vulstasies te verlaat, want die honderde taxi bussies sal daardeur geraak word.

Die brandstof staking sal ook ’n nadelige uitwerking toon op die land se sukkelende ekonomie, want met duisend werkers wat nie vir diens opdaag weens die taxi voertuie wat sonder brandstof is, sal die land se sakesektor ’n ernstige terugslag beleef.

Suid-Afrika se vrotsige ekonomiese toestand wat deur die ANC regime veroorsaak is, het reeds baie sakeondernemings gedwing om hulle deure te sluit, en ’n staking van die omvang se uitwerking kan rommel status beteken.