Trump wil “staat van beskuldiging” stop

Pres. Donald Trump

President Donald Trump het die afgelope naweek die Demokratiese Party aangeval oor hulle aanhoudende pogings om hom in ’n staat van beskuldiging geplaas te kry.

Hy sê daar behoort ’n manier te wees hoe die Demokratiese Party gestop kan word, al beteken dit dat die hof ’n beslissing moet gee.

President Trump het daarop gewys dat hulle met die aanhoudende pogings klaarblyklik nie besef watter skade hulle aan die land en sy mense doen nie.

Die eerste poging van die Demokrate was toe hulle hom wou koppel aan ’n sameswering met die Russe om die opponente te benadeel, en kon met die aanstelling van ’n oud FBI hoof wat hulle voorgestel het om die ondersoek te lei, geen bewyse teen Trump kry nie.

Daar is ’n groter dringendheid om hom hierdie keer skuldig te kry met die telefoniese gesprek wat hy gevoer het met die president van die Oekraïne.