Trump kanselleer Taliban ontmoeting

President Donald Trump van Amerika het die vredesonderhandelinge met die Taliban gekanselleer nadat die organisasie erken het dat hy verantwoordelik is vir die dood van 12 onskuldige mense in Afghanistan.

President Trump het reeds geheime planne gehad om hierdie week met die Taliban samesprekings te voer, sowel as met die president van Afghanistan.

Hy het Sondag aangekondig dat die ontmoeting gekanselleer is wat sou plaasvind by Camp David in Maryland, waar soveel ooreenkomste in die verlede gesluit is met instansies en ander lande.

Politieke ontleders sê die Taliban het sy hand oorspeel en daarmee weer bewys hoe onbetroubaar die organisasie en sy leiers is.