Trump in warm water oor Joe Biden

Joe Biden

President Donald Trump kan dalk in die warm water beland indien gevind sou word dat hy wel met die president van die Oekraïne gekonkel het om die Demokratiese Party se kandidaat, Joe Biden, te diskrediteer.

Van die senior lede in die Demokratiese Party wat hulle daarvoor beywer dat President Trump uit sy amp ontslaan moet word, vra nou dat dit wel moet gebeur omdat hy sy eweknie in die Oekraïne gevra het om ’n ondersoek te begin oor Joe Biden se handelinge wat hom sal benadeel in die verkiesing.

Trump het glo telefonies gevra vir ’n ondersoek waarby Joe Bidn en sy seun Hunter moontlik betrokke was by ’n energie maatskappy in die Oekraïne.

Waarnemers wys daarop dat die gebeure ook nadelig kan wees vir Biden as sy betrokkenheid in die energie saak volledig op die lappe kom.

Volgens berigte het Trump ook sy eweknie gevra om ondersoek in te stel of Biden sy posisie destyds misbruik het as visepresident van die Obama bewind om die Oekraïne te dreig dat VSA hulp onttrek sal word as ’n ondersoeker na die betrokke energie maatskappy nie gestaak word nie.

Biden het nou erken dat hy die betrokke ondersoeker wou laat afdank, maar tot hede kon geen getuienis gevind word wat daarop dui dat sy optrede gekoppel kan word aan hulp vir sy seun wat by die energie maatskappy betrokke was nie.