Trein ontsporing veroorsaak chaos

Chaos het ontstaan toe ’n trein in die Vereniging omgewing ontspoor het en treine van ander roetes moes gebruik maak om die vertragings te vermy.

Metrospoor se treindiens in Vereeniging was so erg dat die treine wat later moes vertrek, geadviseer is om alternatiewe roetes te gebruik,

Geen beserings is aangemeld nie, maar die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend alhoewel daar bewerings is dat onopgeleide personeel, en nalatige foute wat gemaak is, vir die ontsporing verantwoordelik is.

Later is bevestig dat geen treine die Vereeniging stasie kon binne gaan nie, en die treine wat moes vertrek uit Vereeniging kon ook nie beweeg nie.

Vyf treine was geskeduleer om uit Vereeniging te vertrek na Germiston, wat meegebring het dat honderde werkers nie betyds by hulle werk opgedaag het nie.