Transito rooftogte veroorsaak chaos

Die N2 by Kaapstad was die toneel van ‘n kontant-wa roof gedurende die nagtelike ure van Maandag en het veroorsaak dat die N2 gesluit was as  misdaad toneel.

Motoriste moes van alternatiewe roetes gebruik maak om werksplekke te bereik aangesien die roete vir ure lank gesluit is.

In Bloemfontein is ‘n G4S kontant-wa in ’n ontploffing opgeblaas toe meer as 12 aanvallers die wa in ‘n lokval gelei het. ‘n Onbekende bedrag is geroof terwyl twee wagte gewond is. Van die aanvallers het op ‘n polisie helikopter gevuur wat later op die toneel aangekom het.

Die belofte van die regering dat die rooftogte gestop gaan word, het tot hede geen sigbare resultate gelewer nie.