Tesourie red SA Express redery

Die Nasionale Tesourie het pas aangekondig dat hy R300 miljoen bewillig het om die bankrot SA Express redery uit die modder te sleep.

Die redery se Hoof Uitvoerende Beampte, ene Siza Mzimela, het die inligting aan die media bekend gemaak.

Die redery benodig die R300 miljoen waarborg om sy vlerke in die lug te hou en hy nie oor die vermoë beskik om ’n lening by handelsbanke te bekom sonder aandeelhouers waarborge nie.

Gerugte doen die rondte dat die ANC se Minister van Finansies, Tito Mboweni ’n versoek om hulp geweier het en gesê het die redery, en miskien ook die SA Lugdiens, moet eerder verkoop word.

Die R300 miljoen is benewens die R1,2 miljard wat SA Express ontvang het in sy Februarie begroting.

Die bedrag is egter nie al nie, want die R1,2 miljard is slegs vir skulde waarvoor die tesourie waarborge gegee het.

Hoeveel ander skulde die redery het, is nie bekend nie.