Terroriste groep op SA drumpel

Die Islamitiese Staat terroristegroep wat oor jare bedrywig is in die Midde-Oosterse lande, het na die hewige aanvalle van Amerikaanse magte en sy koalisie vennote, ander weiveld gesoek, en Afrika gekies.

Die terroriste leier,  Abu Bakr al-Baghdadi, het dit onomwonde gestel dat die terreur sal voortduur, en daarmee is bedoel dat Afrika ’n nuwe teiken geword het.

Die Vryburger het reeds etlike jare gelede berig dat ondersteuners van die terroriste in Suid-Afrika  bedrywig is, en nou is daar berigte in die media dat die IS terroriste op SA se drumpel is.

Die Vryburger het vroeër berig dat daar vermoedelik IS terroriste opgelei word in sekere plakkerskampe aan die Rand, wat ondersteun word deur oud polisiebeamptes.

Met die aanhoudende geweld en moord wat in Suid-Afrika beleef word, het meningsvormers die vermoede uitgespreek dat daar moontlik terroriste betrokke is, en is die moontlikheid geopper dat die bendegeweld in dele van die Wes-Kaap gekoppel kan word aan Islamitiese Staat bedrywighede.

Twee jaar gelede is jongmense in hegtenis geneem wat uit die land wou gaan om by die terroriste beweging aan te sluit.