Taliban saai verwoesting in Afghanistan

’n Motorbom wat deur die Taliban na ’n behuisings kamp gestuur is waar internasionale organisasies gehuisves word, het ’n bloedbad veroorsaak.

Die kamp wat naby die hoofstad Kaboel is, het in chaos verander toe die motorbom ontplof en minstens 16 mense gedood en 119 ernstig gewond is.

Terwyl samesprekings tussen verteenwoordigers van die VSA en die Taliban in Qatar aan die gang is om vrede te bewerkstellig, is die Taliban steeds besig om moord en verwoesting te saai in Afghanistan.

Reddingswerkers van die regering en die Internasionale Rooi Kruis het met moeite die slagoffers wat gewond is, by hospitale gekry terwyl noodwerkers die oorledenes moes verwyder uit die kamp.

Die ontploffing het geboue, etlike kilometer weg, geskud en mense paniekbevange uit huise laat vlug.

Die ontploffing volg op twee vorige ontploffings wat ’n week gelede die dood van 9 mense veroorsaak het.