Tabak bedryf verminder 2000 poste

Die tabak reus, British American Tobacco is van plan om sowat 2,000 poste af te skaf, wat ook beteken dat ’n aantal mense in bestuursposte ook afgedank gaan word.

Die volledige afskaling sal beteken dat 2,300 werksgeleenthede in die salg sal bly, het ’n woordvoerder van die maatskappy gesê.

Meer as 20% van die senior werkers sal deur die afleggings geraak word wat beskou word as ’n afplatting in die bedryf se handelsaktiwiteite.

Die konsultasie proses sal in Januarie afgehandel wees en die Hoof Uitvoerende Beampte sê hy is van plan om daarmee die bedryf op ’n gesonder en sterker basis te kry.

Vroeër het 3,000 werknemers met ’n vrywillige aflegging die maatskappy verlaat. Tans is daar 2,100 werkers in Suid-Afrika, waarvan sowat 20% aflegging in die gesig staar.