Suid-Afrika se geweld vlak styg

Die vreemdelinge haat het die moord syfer nog verder laat styg, asof die 55 moorde per dag nie meer as teveel is nie.

Die afgelope xenofobiese geweld teen hoofsaaklik Nigeriese sakelui in die land, het gelei tot die dood van 12 mense en die polisie het sowat 630 gearresteer wat by die geweld betrokke was.

Die beeld wat tans deur die wêreld gestuur word van Suid-Afrika het alle moontlikheid van buitelandse beleggings gekelder.

Die reaksie in Nigerië word begryp as aangekondig word dat oorweging gegee word aan die wenslikheid om groot sakeondernemings uit Suid-Afrika, se kantore en ondernemings in Nigerië genasionaliseer kan word.

Uit weerwraak het Nigeriërs die MTN en Shoprite ondernemings bygedam maar die polisie aldaar het betyds ingetree om te voorkom dat grootskaalse skade aangerig word.

Honderde Nigeriërs het intussen die pad terug gekies om weg te kom van die gewelddadigheid in Suid-Afrika, en ook daarvan het potensiële beleggers deeglik kennis geneem.

Die ANC se Minister Pandor het intussen met leiers van Nigerie in gesprek getree, maar kenners reken dit is te min, te laat.

Selfs die IVP se Buthelezi het teen die xenofobiese geweld gepraat, maar is deur die skare uitgejou en talle het die byeenkoms in woede verlaat.