Studente boo Sjinese volkslied

Anti-regering protesteerders in Hong Kong is gewaarsku om nie amok te maak tydens die sing van Sjina se volkslied nie, maar studente in die stad het met plakkate getoon wat hulle van alles dink.

Terwyl die lied gesing is, het die demokratiese opposisielede hul plakkate omhoog gehou, en spontaan begin “boo” voor die wêreldbeker wedstryd kon begin.

Die aktiviste, wat in hulle duisende was by die sportstadion, het ’n vir ’n groot verleentheid gesorg terwyl polisie en Sjinese sportlui magteloos moes toekyk hoe hulle verneder word.

Vroeër die dag het die kommunisties gesinde leier van Hong Kong, Carrie Lam, gewaarsku dat buitelandse inmenging nie geduld sal word nie, en ook die ontwrigting van gebeure by die sportgeleenthede nie.