Staatskuld verhoog elke dag

Die ANC regering is uiters gevaarlik, en bedreig die finansiële voortbestaan van Suid-Afrika, want sy gier om te leen, bly onversadig.

Dit is die mening van ’n ekonomiese adviseur na aanleiding van die SA Reserwebank se aankondiging dat die staatskuld vinniger styg as wat deur enige instansie voorsien is.

Die regering se totale leningskuld het verhoog tot as asemrowende vlak van net meer as 58% van die jaarlikse begroting.

Kenners wys daarop dat Suid-Afrika nou die punt bereik het waar Moody’s ook nie meer sy kop kan wegdraai nie, en al sou dit gebeur, is dit ’n onomstootlike werklikheid dat die land diep in die rommel beland het, en dalk nie weer daaruit gaan kom nie.