Sri Lanka wil Sinese verhouding herstel

Gotabaya Rajapaksa

Die voorloper as Sri Lanka se presidentskandidaat, Gotabaya Rajapaksa, se grootste verkiesings onderwerp is die verbetering van verhoudings met Sjina en onderneem om die goeie verbintenis van lank gelede te herstel.

President Maithripala Sirisena het etlike jare gelede die inisiatief geneem en al die Sjinese beleggings en projekte na sy verkiesing aan bande gelê.

Die president het egter na ’n jaar, Sjina weer toegelaat om sekere projekte te hervat nadat die regering aanpassings voorgeskryf het, maar sedertdien is die verhouding tussen die twee lande gespanne.

Gotabaya Rajapaksa, wat voorheen die hoof van Verdediging was, en die broer van ’n voormalige Sjinese president, Mahinda Rajapaksa, sê hy is gereed om die swak verhouding te herstel.