Spanning verhoog tussen Sjina en Japan

Spanning is aan die toeneem tussen Japan en Sjina, en hierdie keer gaan dit oor die eiendomsreg van ’n paar baie klein eilande in die Oos Sjinese See.

Japan het weens die dispuut, reeds sy polisie se seeskip ingespan om die eilandjies te verken en het ook die skip toegerus met alles wat nodig is vir die taak.

Die polisie eenheid is gestasioneer by die suidelike Okinawa eilandjie wat sowat 400 km van die klein eiland geleë is.

Die klein eiland. Senkaku, word vir baie jare deur Japan beheer en ’n ander eilandjie, die Diaoyu wat verder geleë is, word dur Sjina beheer.

Die verhouding tussen die twee moondhede is sedert die Tweede Wêreldoorlog gespanne, en die dispuut oor die besondere eiland het nou tot verhoogde spanning gelei.