Slaggate kos Departemente miljoene

Die Departement van Openbare Werke in Verre Noord Transvaal (Limpopo) het reeds eise ten bedrae van sowat R120 miljoen gekry weens die veelvoudige aantal slaggate op openbare paaie.

Daarbenewens is ’n verdere R40 miljoen se eise nog onafgehandel wat ook ingedien is vir skade wat veroorsaak is dur slaggate.

Navrae by stede soos Pretoria, Johannesburg, Durban en Kaapstad het egter niks opgelewer nie want die plaaslike owerhede het nie gereageer op vrae in die verband nie.

Selfs die vêr linkse DA beheerde stadsrade swyg soos die graf oor die eise wat teen hulle ingestel is weens die swak toestande van openbare paaie.

Gedurende 2017 was eise ter waarde van meer as R1 miljard ingedien by Johannesburg se plaaslike owerheid, en die vermoede bestaan dat dit nog steeds soveel kan wees vir vanjaar.

Kenners wys daarop dat die bedrae eerder aangewend kon word om paaie behoorlik in stand te hou, want dit kan ’n groot besparing aan uitgawes meebring.