Sjinese wil Hong Kong verander

Sjina het ’n beroep gedoen op sakeondernemings in Beijing om ’n groter rol te vervul in Hong Kong sodat die stad uiteindelik ’n kommunistiese oorheersing het.

’n Beroep is gedoen dat die groot maatskappye uitbreidings moet aangaan wat in die stad gesetel is en vra ook dat hulle ander beleggings doen om die stad se huidige status verander te kry.

Gedurende verlede week het meer as ’n 100 Sjinese senior verteenwoordigers van groot Sjinese maatskappye vergader om te besin oor hulle moontlike bydrae tot die oproep.

Die tendens volg nadat aktiviste die stad se herstel na ’n demokrsie geëis het en die regime verplig het om die omstrede wetsontwerp finaal te kanselleer wat sou bepaal dat alle verhore in kommunistiese Sjina se howe sou plaasvind.