Sjinese uitvoer daal skerp

Sjina se uitvoer van goedere na Amerika het aansienlik gedaal teenoor die agt maande van verlede jaar en spruit uit die swaar heffings wat die VSA plaas op geteikende goedere.

Die Sjinese handel met die VSA het in Augustus ’n daling getoon wat die kommunistiese staat nou allermins kan bekostig vanweë sy skerp daling in die groeikoers.

Die handelsoorlog tussen die twee lande het geen teken getoon dat daar ’n einde is aan die oorlog nie.

Sjina se handelsoorskot het ook skerp gedaal en het verlede maand na $35 miljard gedaal teenoor $44 miljard in Juliemaand.

Met die VSA se aankondiging dat hy ’n verdere 15% heffing op 1 September plaas op $125 miljard se goedere vanaf Sjina, sal die handels oorskot nog verder laat daal.