Sjina gevaarliker as Noord-Korea

Die snel groeiende militêre mag van Sjina het Noord-Korea vervang as die hoof veiligheid-bedreiging vir Japan.

Die stelling is deur die Tokyo se jaarlikse oorsig vrygestel en kom na vore te midde van die werklikheid dat Noord-Korea reeds beskik oor kernwapens soos ballistiese missiele.

Die lywige dokument oor Sjinese militêre mag kom nadat ’n Japanese alliansie vennoot, die VSA, daarop gewys het dat Sjina nou die tweede plek behaal het en Noord-Korea na die derde plek gegradeer het.

Gedurende die Koue Oorlog was Rusland die grootste bedreiging van Japan, maar vandag is die land slegs in die vierde plek.

Dit kom voor uit die verslag dat Sjina drastiese militêre ontwikkelings programme het wat beteken die land beoog om die grootste bedreiging vir die Westerse moondhede sal wees.

Japan het die afgelope sewe jaar sy militêre begroting met ’n tiende vergroot om voor Noord-Korea en Sjina te bly, wat ook insluit dat verdediging teen missiel aanvalle wat kern plofkoppe dra, afgeweer kan word.