Sjina belê miljoene in SA

Sjina is besig om groot beleggings te maak in Suid-Afrika, en die jongste belegging in die Oos-Kaap is vir sommige mense ’n bron van kommer.

’n Sjinese afvaardiging van sakelui uit die Zhejiang streek van die land, het pas hulle afrondingswerk voltooi in die Oos-Kaap om ’n ooreenkoms te onderteken vir ’n  reuse projek van hawe ontwikkeling.

Die hawe van Port St. Johns is deur die Sjinese provinsie se goewerneur, Yuan Jiajun besoek asook besoeke gebring aan Oos-Londen en Coega gebied naby Port Elizabeth.

Die besoek wat aanvanklik ten doel was om handels betrekkinge te verbeter, het glo aanleiding gegee tot moontlike nuwe ontwikkelings wat in die gebied gaan plaasvind.

Voertuig vervaardiging word ook gesien as ’n volgend stap wat dur die Sjinese sakemanne oorweeg kan word.