Sewe lande beplan netwerk vir Amasone

Die verwoestende brande in die reënwoude van Suid-Amerikaanse state het sewe lande laat vergader om ’n gesamentlike strategie uit te werk vir die toekoms.

’n Gesamentlike ooreenkoms is onderteken waarin onderneem word om die woude teen enige beskadiging, hetsy deur mense of natuurrampe, te bestry.

’n Stelsel om die Amasone per satelliet te moniteer vir enige afwykings, sal ingestel word en ’n deeglike netwerk van koördinasie tussen die lande word ook beplan.

Bolivia, Peru, Columbië, Ecuador, en Brasilië se staatshoofde het die leiding geneem en ander state betrek by die ooreenkoms.

Die lande ontmoet weer tydens die Verenigde Nasies se vergadering oor Klimaatverandering, en sal rapporteer watter vordering gemaak is om die besluite tot uitvoer te bring.