Satelliet foto verklap Iran skip

Satelliet foto’s het deurlopend die bewegings van Iran se olietenkskip verklap wat nou reeds vir weke rondvaar sonder om doelgerig na ’n bestemming te vaar.

Die Adrian Darya 1 met sy duisende vate ru-olie was onderweg na Sirië toe dit blokkeer is by Gibraltar aangesien die internasionale sanksies teen Sirië steeds van krag is.

Die skip is later vrygelaat, maar het weke lank gepoog om ’n afsetgebied te vind vir die olie, maar kon dit nie vind nie aangesien die VSA lande gewaarsku het om nie handel te dryf met Iran nie.

Die satelliet foto toon dat die tenkskip verlede Saterdag naby ’n hawe van Sirië aangekom het, en beoog waarskynlik om die vrag gedurende die nag af te laai by ’n hawe van Sirië.

Klaarblyklik het die skip sy opsporings meganisme intussen afgeskakel, maar is waarskynlik onbewus daarvan dat die satelliet stelsel steeds monitor waar hy hom ook al bevind.

Indien die olie wel afgelewer word aan Sirië, kan dit vêrreikende gevolge inhou vir Iran, sowel as vir Sirië.