Saoedi reageer na Houthi aanval

Adel al-Jubeir

Saoedi-Arabië sal die nodige gepaste stappe doen in reaksie op die hommeltuig aanvalle op sy olie aanleg wat deur die Houthi rebelle uitgevoer is sodra sekerheid verkry is dat Iran daarby betrokke is.

Die Minister van Buitelandse Sake, Adel al-Jubeir, het in ’n verklaring gesê ’n Saoedi ondersoek word gedoen, en optrede sal volg indien Iran, soos verwag word, daarby betrokke is.

Die minister het egter daarop gewys dat Saoedi nie enige militêre optrede oorweeg nie, en wil hom steeds beywer vir ’n vreedsame Midde-Ooste.

Hy sê die koninkryk is baie seker daarvan dat die aanval nie uit Jemen gekom het nie, maar dit het uit die noordelike gebied gekom, en die ondersoekers sal dit bewys.