Saoedi beraadslaag met alliansie oor Iran

Minister Adel al-Jubeir

Die Koalisiemag onder leiding van Saoedi Arabië is tans in gesprek met mekaar om te beraadslaag wat die volgende stap behoort te wees nadat die Houthi rebelle die Saoedi olie raffinadery aangeval het.

Die Minister van Buitelandse Sake in Saoedi Arabië, Adel al-Jubeir, sê paslike optrede is nodig, maar kan eers van krag word wanneer bewyse verkry is oor wie die skuldiges is.

Die VSA het vroeër gesê die stukke van die missiel wat gevind is, toon dat dit afkomstig is van Iran, en is waarskynlik aan die Houthi rebelle beskikbaar gestel vir die aanval op Saoedi se olie aanleg.

Minister Adel al-Jubeir het gesê die optrede kan nie sonder gevolge wees vir Iran en die Houthi magte nie.

Die Verenigde Nasies het ’n span deskundiges gestuur om saam met Saoedi te werk met die doel om vas te stel wie werklik verantwoordelik gehou moet word vir die aanval.