Sal die ANC leer?

In die sogenaamde apartheidsjare was daar enkele voorvalle waarvan die Sharpeville gebeure graag opgehaal word deur sprekers van die ANC tydens groot saamtrekke.

Nou wil dit vir my lyk of die apartheids regering werklik met sy sogenaamde “polisiestaat etiket” van daardie jare, uiters gematig opgetree het as ons na die huidige geweld situasie kyk.

Die mynwerkers is deur die polisie letterlik “op ’n hoop” doodgeskiet, en alhoewel daar ’n ondersoek na die voorval gelas is, het daar dadels van gekom.

In die Wes-Kaap het bendes al tot 50 mense in een naweek gedood, en die xenofobiese geweld van die afgelope weke het 12 mense die lewe gelaat en berigte lui dat dit gebeur het terwyl die polisie staan en toeskouer speel.

Dit lyk of die wreedheid en gevoelloosheid van die ANC beheerde land aansienlik agteruit geboer het, dan praat ek nie van korrupsie, Staatskaping en verkragtings nie…..

Of die ANC ooit gaan leer, en ooit sal kan onderskei tussen rg en verkeerd, weet ek nie so mooi nie.

Frik Stander