SABC hoof op rooi tapyt

In ’n dokument wat klaarblyklik moedswillig gelek is, het twee lede van die SABC direksie te kenne gegee dat die Hoof Uitvoerende Beampte, Madoda Mxakwe, verantwoordelik gehou word vir die verkeerde uitsendings van Ramaphosa.

Die ANC president, Cyril Ramaphosa se toespraak waarin hy die nasie ingelig het oor geslag geweld is foutiewelik met ’n ander opname vervang wat die ANC, sy politici en die SABC se direksie woedend gelaat het.

In ’n 20 bladsye dokument wat deur twee lede van die direksie opgestel is, word die SABC se hoof persoonlik verantwoordelik gehou vir die fout, en is verskeie ander onreëlmatighede bygebring wat as “onaanvaarbare” optrede beskou word.

Die adjunk voorsitter van die Rad, Mamodupi Mohlala-Mulaudzi en Marcia Socikwa, ’n lid van die Rad, vra ondermeer optrede teen die hoof, en ’n resolusie vir die aanwys van ’n ondersoek kommissie onder leiding van ’n afgetrede regter om die aangeleentheid af te handel.