SA slegter onder Ramaphosa

Volgens Sakeliga se uitvoerende hoof, Piet le Roux, is die politieke risiko tans erger as tydens Jacob Zuma se bewind. In ʼn meningspeiling het 25% van die respondente aangetoon dat hulle reeds besig is om gedeeltes van hul bedryf aktiwiteite te verskuif na buitelandse ‘hawens”.

ʼn Verdere 24% is van plan om binne die volgende drie jaar te “verhuis”. Hierdie diversifisering word gesien as ʼn verskansingstrategie.

Le Roux sê dat die hoop, planne en retoriek van Ramaphosa besig is om stoom te verloor en dat sy termyn gekenmerk word deur maatskaplike onstabiliteit, onluste, verslegtende sake toestande en diskriminerende beleid soos Swart Ekonomiese Bemagtiging.

Politieke ontleders wys ook daarop dat daar van al die baie werksgeleenthede wat geskep gaan word, en die baie buitelandse beleggings wat sou instroom, net dadels van gekom, en dit is opvallend hoe stil die p[resident oor die sake geword het