SA sakeondernemings dalk genasionaliseer

Die xenofobiese aanvalle in Gauteng op buitelanders, en plundering van hulle sakeondernemings het nou ’n internasionale wending aangeneem.

Nigerië oorweeg dit om sakeondernemings soos Shoprite en MTN te nasionaliseer.

Bloomberg het in sy jongste verslag gewys op die rowwe tye wat moontlik op Suid-Afrika wag indien die mees gewilde sakeondernemings, soos MTN, dalk genasionaliseer word.

Die Nigeriese “All Progressive Congress Party” se voorsitter het met ’n video opname wat ook op die radio en TV kanale uitgesaai is, gesê dit sal vir Nigerië voordelig wees om florerende sakeondernemings van Suid-Afrika te nasionaliseer weens hulle ongevoelige optrede teen Nigeriese sakelui.

Di oog is duidelik gevestig op MTN wat ’n winsgewende bedryf in Nigerië het, en dit kan selfs Shoprite se winkels insluit.

MYN het miljoene Rand geïnvesteer in die Wes Afrika staat, en word nou die eerste moontlikheid van nasionalisering.