SA ingenieur se ontwerp bring revolusie

’n Suid-Afrikaanse ingenieur, Malcolm Brown, se revolusionêre ontwerp van ’n boemerang kan lei tot ’n heel nuwe konsep in die lugvaart bedryf.

Sy “Vliegende V” kan moontlik die toekoms van die vliegtuig so radikaal verander dat die passasiers in die vlerke van die tuig sit.

Sedert 1903, toe die Wright broers hulle eerste vlug begin het, was dit die tuig se stert wat ontwerp is om die stabilisering uit te voer, maar Brown se ontwerp kan die einde van daardie ontwerp beteken.

Baie navorsing en ontwikkeling moet nog gedoen word, maar die nuwe ontwerp kan ’n revolusie veroorsaak wat byna ongekend kan wees in die ganse lugvaart bedryf.