Rusland se drywende kern-kragstasie gereed

Rusland het sy eerste drywende kern-kragstasie te water gelaat waar dit permanent as kragvoorsiener sal wees naby ’n afgeleë dorpie.

Die inligting is die afgelope naweek vrygestel deur die Russiese energie maatskappy, Rosatom, wat verantwoordelik is vir die oprigting van kernkrag installasies.

Die seevaardige kragstasie wat Akademik Lomonosov gedoop is, moes egter meer as 5,000 km op see reis om by sy bestemming in die Chukotka streek te kom vanwaar die eenheid krag voorsien.

Die kragstasie sal egter eers teen die eind van 2019 kan begin om krag te voorsien aan ’n wye gebied, en is die wêrelds se mees noordelike kernkrag elektrisiteit opwekkings eenheid.

Rusland het die wêreldwye besware oor die kragstasie geïgnoreer en voortgegaan met die ontwikkeling daarvan.