Rusland roei in Georgië

President Poetin

Die president van Rusland, Vladimir Poetin, het sy goedkeuring gegee aan ’n regerings voorstel om hulp te verleen aan die Abkhazia strek wat wegbreek van Georgië.

Die wegbreek is geïnisieer deur pro-Russiese inwoners van Georgie, en is ’n soortgelyke geval as wat in die Oekraïne was enkele jare gelede.

Georgië het beheer verloor oor die gebied aan die Swart See, wat die Russiese strategie aandui om die Swart See geheel en al te beheer.

Georgië het sy onafhanklikheid herwin met die uitmekaarval van die ou Russiese Federale bestel, maar het daarna steeds ’n stryd gevoer om Rusland uit sy land te weer.

Alhoewel die klein staat Abkhazia slegs deur Rusland erken word, bestaan daar kommer dat die Russe sulke gebiede as afspringplek kan misbruik in tye van oorlog.