Rusland en Oekraïne ruil gevangenes

Die rolprent vervaardiger, Oleg Sentsov, wat in ’n Russiese tronk aangehou is, is saam met 35 ander uit Russiese tronke onderweg na die Oekraïne.

Die oorplasing uit Moskou na Kiev is deel van ’n uitruil ooreenkoms wat tussn die twee state aangegaan is.

Onder die vrygelate burgers van die Oekraïne is die 24 matrose wat vroeër deur Rusland op omstrede wyse in hegtenis geneem is.

Dit is die eerste uitruil ooreenkoms tussen die twee lande sedert die Oekraïne se nuwe president, Volodymyr Zelensky, verkies is.

Dit is nie bekend gemaak watter Russe deur die Oekraïne vrygelaat is in die uitruil ooreenkoms nie, maar die president is geloof vir sy positiewe optrede om onskuldige mense terug te kry na hulle vaderland.