Regering besluiteloos oor e-tol

Die Minister van Vervoer het glo verskeie moontlike opsies voorgelê aan Outa oor die e-tol wat tans teen ’n enorme verlies instand gehou word.

Outa se woordvoerder staan egter by sy standpunt dat daar slegs een aanvaarbare opsie is, en dit is dat e-tol finaal geskrap word in die Sentraal Transvaal gebied.

Outa se woordvoerder het dit weer beklemtoon dat die motoriste van die provinsie nooit oorweging sal gee aan enige versoek om e-tol rekeninge te betaal nie.

Dit gaan nie oor die bedrag, of die grote van afslag wat aangebied sou word nie, maar oor die beginsel van ’n stelsel wat onaanvaarbaar is, het die woordvoerder gesê.

President Ramaphosa het ’n taakspan aangestel om die jarelange krisis met e-tol te ondersoek en ’n finale oplossing voor te le, maar dit blyk dat minister Fikile Mbalula sterk weerstand kry vir enige voorstel wat gebied word, en sy tyd om ’n aanbeveling te beding, het die naweek verstryk.

Voorstelle is glo ingedien van tarief vermindering wat die huidige R3 moet vervang met ’n tarief van R0-10, is ook deur Outa verwerp.