Ramaphosa sê verkragters kry lewenslank

Die president van die ANC, Cyril Ramaphosa, het die Wêreld Ekonomiese Forum se beraad in Kaapstad tydelik ontwrig deur Tito Mboweni in sy plek te laat voortgaan.

Ramaphosa het ’n massa studente gaan toespreek wat betoog oor die geweld en verkragtings wat steeds toeneem.

Die president het glo gesê verkragters sal met lewenslange tronkstraf geslaan word in die toekoms, en so ook mense met aanhoudende geweldsmisdaad.

Die konferensiegangers was uiters verbaas dat die gasheerland se president sy plek tydens die paneelbespreking ontruim en die Minister van Finansies vra om sy plek in te neem.

Waarnemers reken die president het waarskynlik die studente van die Universiteit se betoging van meer belang geag as die paneelbespreking wat deur talle lande se verteenwoordigers bygewoon is.

Die president het ook ’n vlaag protes gekry met studente wat aanhoudend “boo boo” geskree het terwyl hy gepraat het.