Ramaphosa gooi net wal

Cyril Ramaphosa

Die ANC se president, Cyril Ramaphosa, moes die afgelope week wal gooi en was heeltyd op die verdediging omdat Suid-Afrika ’n piesang republiek is.

Dit is die mening van ’n politieke ontleder in Pretoria nadat verskeie voorvalle van uiteenlopende aard, Ramaphosa in ’n slegte lig gestel het.

Die aanklagte teen Ramaphosa het begin met die Openbare beskermer wat hom tereg gewys het dat hy vir die parlement gelieg het oor die R500,000 in sy bankrekening.

Die geweld op vroue wat deur die ANC se Vroueliga begin is as onderwerp van twis, het hom gedwing om ’n spesiale sitting van die parlement te belê om geleentheid vir debatvoering te bied.

Met die begrafnis van Mugabe, waar elke politieke leier uit Afrika ’n spreekbeurt gekry het om die diktator op te hemel, was dit Ramaphosa wat uitgejou is en moes hy Afrika om verskoning vra oor die xenofobiese geweld in sy land.