R500 miljoen tender in hof

Die Johannesburg Munisipaliteit se 10 nuwe brandweer vragmotors vir die nood bestuursdiens se transaksie het nou in die hof beland.

Marcé Projects het die hooggeregshof in Johannesburg genader en vra dat die kontrak tussen die stad en TFM Industries wat die kontrak van R500 miljoen gekry het, nietig te verklaar.

Bewerings dat ongerymdhede met die kontrak gepaardgaan, word nou glo in die hof getoets, en kan ’n opspraakwekkende voorval word.

Onbevestigde berigte lui dat daar nie voldoen is aan die korrekte tender prosedure nie, wat volgens meningsvormers altyd ’n moontlikheid inhou van onwettige optred