President Maduro kruip terug

Die pro-Naduro parlementslede van Venezuela het op bevel van die omstrede diktator, president Nicolas Maduro, teruggekeer en hulle sitplekke ingeneem in die land se Nasionale Vergadering.

Maduro het twee jaar gelede sy parlementslede aangesê om nie die sittings van die Nasionale Vergadering by te woon nie, en etlike maande gelede gepoog om ’n alternatiewe struktuur in plek van die Nasionale Vergadering tot stand te bring.

Die poging het klaaglik misluk, en die opposisieparty van Juan Guaido wat reeds vir etlike jare ’n meerderheid in die Vergadering het, het voortgegaan om die struktuur instand te hou om sodoende die demokratiese bestel van die land te handhaaf.

Maduro beweer hy het die Nasionale Vergadering se werksaamhede geboikot, maar kenners reken hy het uiteindelik besef dat hy nie oor die mag beskik om die grondwetlike regte van die kiesers weg te neem nie.

Maduro se Sosialiste Party is sodanig geïsoleer dat hy  waarskynlik nie ’n volgende presidentsverkiesing sal wen nie, behalwe as hy weer soos in die vorige verkiesing, konkel met die stemme.